Local newsNewsSchools

Skool toe vir nuwe Rappies-graad 1s

Graad 1-leerling: Ek is so opgewonde om my juffrou te ontmoet.

Op Woensdag 13 Januarie was dit weer terug skool toe vir talle leerlinge maar vir die nuwe graad 1s was dit ‘n eerste keer.

Volgens Laerskool Rapportryer is 210 nuwe graad 1s by die Rappies-familie verwelkom. Die dag het afgeskop waar ouers en die nuwe Rappies aandagtig na die skoolhoof, Carel Stoop, geluister het.

Julle as ouers het julle kosbaarste besitting aan ons gegee. Ons sal hulle oppas en verseker dat ons onderwysers soos ‘n tweede mamma vir u kind sal wees.”

Die Graad 1-onderwysers het opgewonde gelyk oor die nuwe jaar en het uitgesien om die nuwe Rappies-maats te ontmoet.

Hartseer ouers het hulle kinders vir die laaste keer styf vas gehou en soentjies uitgedeel voordat elkeen na hul verskeie klaskamers geneem is.

Tihart Snyders, ma van graad eentjie, Michelle, het so tussen die trane deur gelag en sê, “Dit is ons laaste kind wat nou skool toe gaan…”

Lienka Pretorius, ‘n Graad 1-leerling sê, “Ek is so opgewonde om my juffrou te ontmoet.”

Magdel da Silva, wat skaam op haar oupa se skoot gesit het sê, “Ek sien uit om te sien watter maatjies met my gaan speel. Nog ‘n leerling, Nathan Brink het geglimlag oor sy hare en die Herald met trots vertel dat sy ma dit vir hom gedoen het.

Terwyl die Rappies oppad na hulle klasse is, het hulle vir die eerste keer besef het dat hulle tas nogal swaar is.

Een onderwyser, Sonja Brits sê, “Die eerste dag is mal, by 12 uur is ons onderwysers uitgeput, maar ons geniet die nuwe Rappies verskriklik baie.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button