Local newsNewsSchools

Little Snails steel harte

Little Snails sê dankie aan almal wat hierdie jaar so spesiaal gemaak het.

Little Snails kleuterskool het onlangs harte gesteel na afloop van twee groot oulike byeenkomste.

Die eerste was hulle Mnr en Mej Little Snails wat in Oktober plaasgevind het. Die kompetisie het by Laerskool Randfontein plaasgevind.

Die trotse Slakkies het omtrent die harte van die gehoor asook beoordelaars gesteel. Hulle tema was lente en die deelnemers het omtrent fraai gelyk in hul kleurvolle uitrustings.

Die kindertjies het soveel selfvertroue gehad en behoorlik hul ding gedoen op die loopplank met hope aansteeklike glimlaggies,” sê Lize-Marie Styen, onderwyser by die kleuterskool.

“Baie geluk aan al die pragtige deelnemers, julle is blink sterre. Little Snails is baie trots op elkeen.”

Die algehele wenners van die kompetisie was Kaylee du Plessis en Jayden Botha. Die tweede byeenkoms was die Little Snails kleuterkonsert. Die tema was uit die verte. Die konsert het ook by Laerskool Randfontein plaassgevind en al die leerlinge het behoorlik die kollig gesteel met hulle oulike danspassies.

Yolanda Koekemoer, hoof en eienaar van Little Snails wil baie dankie sê aan almal wat die aand so spesiaal gemaak het veral die Slakkie-maats.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button