Local newsNewsSchools

Riebeeckrand leer hoe om lewens red

Vermeulen verduidelik dat hierdie 'n gemeenskapsprojek is en enige persoon vanaf 14 en ouer baat kan vind deur die sessies.

Willem Vermeulen, ‘n brandweerman van die Wesrand Distrik Munisipaliteit het Donderdag vir Hoërskool Riebeeckrand-leerlinge touwys gemaak met noodhulp vlak een.

Ywerige leerlinge en selfs ouers het die sessie bygewoon waar hulle ook ‘n toets na die sessie afgelê het.

Vermeulen verduidelik dat hierdie ‘n gemeenskapsprojek is en enige persoon vanaf 14 en ouer baat kan vind deur die sessies. Dit is die tweede keer vanjaar dat Vermeulen die skool besoek en het die jaar ook brandbestryding aangebied.

Die doel van die sessies is om leerlinge vir moontlike situasies wat hulle op af kan kom voor te berei waar hulle ‘n persoon se pyn kan help verminder an selfs lewens red.

Hulle is ook geleer hoe om paniek op ‘n toneel in produktiwiteit te omskep. Gevare op ‘n toneel is ook deeglik bespreek waar leerlinge geleer is om jouself op so toneel eers te beveilig en die verkeer te reguleer.

Vermeulen verduidelik dat daar twee tipes pasiënte is, mediese pasiënte en trauma pasiënte. Mediese pasiënte het ‘n mediese kondisie soos diabetes en trauma pasiënte is betrokke in ongelukke, of situasies wat hulle fisies en emotioneel benadeel.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder sê, “Dit is ongelooflik hoe graag Riebeeck-leerlinge noodhulp wil leer. Dit is van kardinale belang.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button