Riebeeck het kunstenaars van formaat

Op die uitstalling was die belangstelling so groot dat leerlinge telkemale gevra is of hul die kunswerke nie wou verkoop nie.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs ‘n kunsuitstalling gehou waar kunsleerlinge van graad 10 tot 12 hul werke uitgestal het.

Minstens 48 leerlinge het deelgeneem waar hul werke van deur die jaar uitgestal was.

Ouers, familie, die hoof en beheerliggaam was daar om die kunswerke te bewonder. Elke graad het deur die jaar vier onderwerpe gehad waaroor hulle kunswerk moes gaan.

Die Graad 10 se onderwerpe was:
• Beeld jou persoonlikheid uit deur middel van skoene, Safety first, ‘n Geskiedkundige dag in die 1900s en Hande

Die Graad 11 se onderwerpe was:
• Spontane realisme, Caught red handed, Uit die oë van ‘n kind en Annoyance

Die Graad 12 onderwerpe was:
• Fragiel, Hande, Gravity en Colourblind

Die matrieks het 24 uur gehad om hul kunswerke by die skool klaar te maak vir die eindeksamen. Op die uitstalling was die belangstelling so groot dat die leerlinge telkemale gevra is of hulle die kunswerke nie wou verkoop nie.

Lenika Evert, die drie grade se kunsjuffrou, wat selfs groot talent en passie vir kuns het sê,

Ek is baie trots op die leerlinge vir hulle harde werk en die kwaliteit van hul kunswerke. Almal het die ekstra myl geloop en was braaf om nuwe mediums te probeer.”

Op die uitstalling was daar ‘n weie verskeidenheid van mediums wat gebruik is, asook beeldhoukuns en installasie kuns. Die leerlinge het baie diepte getoon in hulle verskei kunswerke en aan kreatiwiteit was daar geen tekort nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version