Local newsNewsSchools

Rammies se dierekuns uitmuntend

Laerskole van reg oor Gauteng het deelgeneem.

Op Dinsdag 1 Desember het verskeie leerlinge van graad een tot drie in Laerskool Randfontein verskeie pryse ontvang nadat hulle aan die Gauteng se Animal Anti Cruelty League-kunskompetisie deelgeneem het.

Handelie Scheepers van Kaleidoskoop Kunsskool het verduidelik dat die tema vanjaar: Be kind to animals was.

Laerskole van reg oor Gauteng het deelgeneem en Ram-leerlinge het besonders goed gevaar.

Die volgende leerlinge het pryse losgeslaan:

• Lanché Viljoen – graad 1
• Miya van Deventer – graad 1
• Kiana Kirtley – graad 2 (Tweede plek in kategorie een)
• Jessica Reid – graad 2
• Taylor Wolmerans – graad 2
• Grant Schwartz – graad 2
• Iwan Pretorius – graad 2 (Eerste plek in kategorie een)
• Jennifer Sarmento – graad 2
• Matthew Harnson – graad 2
• Divan Kuiper – graad 3 (Derde plek in kategorie twee)
• Brandon Flowers – graad 3
• Zané Dutton – graad 3 (Tweede plek in kategorie twee)
• Yolandi van der Walt – graad 3
• Cheri van Niekerk – graad 3 (Eerste plek in kategorie twee)
• Deone Scheepers – graad 2
• Elri Bosman – graad 3

Die leerlinge het almal kreatiewe maniere gebruik om die tema uit te beeld en Laerskool Randfontein se naam hoog gehou.

Elri Bosman, 9, se uitbeelding van hoe 'n persoon goed kan wees vir diere.
Elri Bosman, 9, se uitbeelding van hoe ‘n persoon goed kan wees vir diere.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button