Local newsNewsSchoolsBreaking News

VIDEO: Bakkies Botha doen die Tassie-Haka

'Doel van die Tassie-Haka is om mense bewus te maak van die nood onder ons graadeentjies regoor die land.'

Die wêreld sal eersdaags ’n nuwe gesig sien wanneer die Haka uitgevoer word. Dit is natuurlik die Tassie-Haka van Helpende Hand se Skooltassie-projek.

Die bekende rugbyspeler, Bakkies Botha, sal voortaan as ambassadeur van die projek optree. Hierdie nuwe rol van die formidabele Botha wys ’n baie sagter kant, wat nie altyd op die rugbyveld gesien is nie.

As deel van die veldtog gaan Botha ’n groepie graadeens leer hoe om ’n eg Suid-Afrikaanse vorm van die bekende Nieu-Seelandse Haka te doen. Die doel van die Tassie-Haka sal wees om mense bewus te maak van die nood onder ons graadeentjies regoor die land.

Helpende Hand het ʼn opname gedoen onder meer as 200 skole wat in 2016 tassies gaan ontvang.

Die punt van die opname was om seker te maak dat die skooltassie steeds relevant bly om die uitdagings van graadeens aan te spreek.

Dit het duidelik geword dat perseptuele en motoriese vaardighede twee van die grootste tekortkominge is wat leerprobleme en uitvalle onder graadeens veroorsaak.

Die Tassie-Haka is nie net ‘n bewusmakingsprojek nie, maar vertel ’n storie van die inhoud van die tassie en hoe dit die graadeens se probleme aanspreek.

Die Helpende Hand Skooltassie bevat Unifix-blokkies en ’n legkaart is ingesluit, sowel as ’n witbord waarop daar geskryf kan word. Hierdie items oefen hand-oog koördinasie en stimuleer die ontwikkeling van motoriese en perseptuele vaardighede.

Helpende Hand glo dat armoede aangespreek kan word deur in opleiding te belê, en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by graadeens geskep word wanneer hulle die nodige skoolgoedjies kry en hulle ’n gelyke geleentheid gebied word” sê dr. Danie Brink, Helpende Hand se Uitvoerende Direkteur.

Botha het pas sy laaste professionele rugbywedstryd gespeel nadat hy 15 jaar lank ‘n gevreesde gesig op die rugbyveld was. Botha se grootte en krag het hom ’n uitdagende teenstander gemaak wat gereeld in die moeilikheid beland het. Nietemin was hy ’n sportster waarna oud en jonk opgekyk het.

“Ek is baie opgewonde want van vandag af ondersteun ek Solidariteit Helpende Hand se Tassieprojek vir volgende jaar,” sê Botha.

“Daar sal meer as 4 700 tassies aan behoeftige graadeens geskenk word en die nood wat daardeur aangespreek word, is groot.

Daar is baie kinders daarbuite wat wukkel en om hierby betrokke te raak en selfs net ’n klein verskil in enige kind se lewens te maak, maak my baie bly en laat my met ’n glimlag saans gaan slaap.”

Elke skooltassie sal soos gewoonlik al die nodige skryfbehoeftes bevat, maar vanjaar sal daar ʼn paar bykomende items wees. Die inhoud van die tassie moet daartoe bydra dat hulle “Eendag as ek groot is”-droom ʼn werklikheid kan word.

Jy kan help om seker te maak dat hierdie kinders se “Eendag as ek groot is”-droom ’n werklikheid word.

SMS “Tassie” na 38969 en skenk R10 of besoek tassie.co.za en borg ’n volledige tassie vir R250.

Related Articles

Back to top button