Local newsNews

R’fontein se sypaadjie boer

Hy sê hy is baie lief vir groente plant en dat dit baie ontspannend is.

Johan Jacobs, ‘n inwoner van Parkstraat het boerdery in sy bloed.

Nou, na agt jaar in die stad wil hy die inwoners van Randfontein wys dat jy self jou eie groentetuin kan maak al is dit nou op ‘n deel van die sypaadjie.

Johan, nou afgetree, het op ‘n plaas in Magaliesburg grootgeword waar hy voorheen selfs met varke geboer het.

Van dat hy kon onthou het hy orals waar hy was altyd groente geplant. Huidiglik het hy, behalwe sy eie groentetuin, ook een agter Martin’s Funerals.

Johan het verduidelik as jy groente voor jou woonstel wil plant, jy eers toestemming by die munisipaliteit moet kry. Dit moet ook een meter van die randsteen af wees sodat voetgangers nog verby kan loop.

Johan sê voetgangers respekteer sy groentetuin en baie mense vra ook uit daaroor.

Dit is verbasend hoeveel groente ek uit so klein groentetuin kan pluk.”

Johan boer in sy groentetuin met pampoene; murgpampoene; tamaties; boontjies, kool; groen soetrissies; rissies; rape; wortels; spinasie en skorsies.

Hy sê hy is baie lief vir groente plant en dat dit baie ontspannend is. Die eindproduk is vir hom die beste deel en hy en sy vrou het nooit enige tekort aan groente nie.

Hy wil inwoners van Randfontein aanmoedig om hulle eie groente te plant en daardeur geld te spaar, al is hulle ook blywend in ‘n woonstel.

Johan Jacobs is baie trots op sy kwaliteit groente.
Johan Jacobs is baie trots op sy kwaliteit groente.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button