Local newsNewsSchool sportSchoolsSport

Rappies speel gholf vir minderbevoorregtes

Manne en vroue van Randfontein kom op die gholfbaan bymekaar vir 'n goeie doel.

Laerskool Rapportryer het onlangs hul jaarlikse gholfdag gehou ten bate van minderbevoorregte gesinne in die skool.

Soos gewoonlik was dit ‘n dag vir die manne en vroue van Randfontein om ‘n gesellige potjie gholf te speel en die dag af te geniet.

Dit was alles te danke aan die hoofborge naamlik FZZ Ceilings, Dr Joubert, Mnr Wray en LE Projects. Elke speler wat deelneem het glo ook met ‘n prys weggestap.

George Smith en Robbie van Coller van Hoërskool Jan Viljoen het met die eerste plek weggestap en is elk ‘n skaap ryker geborg deur Jimmy Henning Boerdery.

‘Nearest to the pin’ is deur Arie Esterhuizen op die sewende putjie gewen terwyl George Prinsloo op die 17de putjie die naaste gekom het.

Rudi Marx het met die verste dryfhou gespog.

Rappies wil ook graag die volgende besighede bedank wat putjies geborg het om die dag ‘n sukses te maak naamlik Ben Morgenrood; Pest Control; Tirani Mining; Steed Electrical; Rietchard Scrap Metals; Boulevard Pub; Ten Acres Driving Range; CJ le Roux Prokureurs; Dolla’s Events; Battery Clininc; Rita Moolman en Nicholas Malherbe Prokureurs.

Rappies bedank ook graag al die ouers en onderwysers wat ‘n bydrae gemaak het tot die dag. Hulle sien uit daarna om volgende jaar weer dieselfde gesellige dag aan te bied.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button