Local newsNewsSchools

Nou’s dit die grootmenswêreld vir Jannas-matrieks

Leerlinge praat met die Herald oor hul toekomsplanne.

Dit was lekker, maar nou’s dit klaar.

Dit is die algemene gevoel onder die matriekleerlinge van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) wat onlangs vir die laaste keer eksamen geskryf het.

Meeste matrieks was in die spogskool sedert graad 8 en deel van die Jannas-familie. Nou wag die grootmenswêreld op hulle,” het Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder gesê.

‘n Paar leerlinge het met die Herald gepraat oor hul toekomsplanne.

Sarel-David Steyn het gesê dat hy die onderwysers en vriende wat sy tyd by die skool die moeite werd gemaak het die meeste gaan verlang.

Calvin Horn, die president van 2014 tot 2015 sê dat hy Julius Katzke en skoolhoof se inspirerende toesprake asook sy tyd saam met die eerstekrieketspan en -rugbyspan gaan mis.

Sommige leerlinge soos Justin du Toit sê hy kan nie wag vir die toekoms nie. Hy wil graag sy vlieglisensie voltooi.

Jackie Viljoen wil regte by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan swot terwyl Shaun Almeida persoonlike fiksheid wil studeer.

‘n Ander leerling, Michelle Janse van Rensburg verkies om eerder die vakansie te ontspan voordat sy volgende jaar deeltyds gaan studeer,

Die skool is trots op ons matriek-klas van 2015 en ons wens hulle alle sterkte toe vir die toekoms.”

Juan-Marie Havenga, Ambi Tursini en Claries Pretorius voor hul laaste eksamen vraestel. Foto ingestuur.
Juan-Marie Havenga, Ambi Tursini en Claries Pretorius voor hul laaste eksamen vraestel. Foto ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button