Local newsNewsUpdate

‘n Vroeë Kersgeskenk vir Nikita

'Natuurlik gaan ons ook nog vir Nikita net voor Kersfees bederf.'

Kersfees is oor minder as ‘n maand hier maar twee Randfonteiners en ander goeie samaritane kon hulself net nie inhou om te wag tot dan nie.

Dit nadat Jan van der Merwe en Jeanette Oberholster van Kosterliggies gereël het dat Nikita Hoffman, wat serebraal gestrem gebore is, ‘n nuwe rolstoel kry.

Jeanette het haar Kosterliggies Kersfeesprojek in 2001 begin. Sy het haar huis se dak met liggies versier en vir al die kinders wat daarna kom kyk het, lekkergoed gegee.

In 2005 het hulle Koster toe verhuis, waar sy elke jaar in die Kerstyd donasies en geskenke bymekaar gemaak het vir minderbevoorregte kinders. Net toe sy in 2013 wou tou opgooi het Jan haar moed ingepraat. In 2014 het sy die projek aan iemand anders oorgegee, maar vanjaar gaan sy volstoom voort om kinders se harte bly te maak. Sy beplan om vir 100 kindertjies ‘n spesiale Kersfees te gee.

Jan en Jeanette is weer terug in Randfontein waar sy alle geskenkies en donasies bymekaar maak en dan in Koster gaan aflewer. Nadat sy die berig oor Nikita in die koerant gelees het, wou sy haar met alle mag help en so het ‘n kennis, Cinda de Klerk die House of Hope in Florida gekontak en ‘n rolstoel vir Nikita gereël.

Jeanette en Jan kon na vele dae se probeer, uiteindelik die stoel by Nikita aflaai. Dit is die tweede rolstoel wat sy dié jaar ontvang, want die ander nuwe stoel was volgens Johannes, haar oupa, te klein.

Johannes het gesê hulle is baie dankbaar vir die stoel aangesien Nikita die meeste van haar tyd daarin deurbring.

Jeanette bedank almal wat haar gehelp het om die rolstoel vir Nikita te kon gee, uit die diepte van haar hart.

“Ja, en natuurlik gaan ons ook nog vir Nikita net voor Kersfees bederf,” het Jeanette bygevoeg.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

13-jarige se stryd in die lewe duur voort

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button