Teine vereer sy bestes

Die liga skop weer af op 2 April, 2016.

Randfontein Rugbyklub het onlangs na afloop van die seisoen hul jaarlikse prysuitdeling- en eindjaarfunksie gehou.

Die eerstespan, bekend as Mapogo Teine, het hierdie jaar sesde in die Pirates Groot Uitdaagreeks-liga geeïndig.

Trotse seges vanjaar sluit in die twee spoggerige tuisoorwinnings oor Wits Universiteit.

Die Randfonteiners het toe weer vir ‘n derde keer hierna swaarde gekruis met die studente maar die keer in hul agterplaas naelbyt met 29-23 verloor.

Volgens Dana van Vuuren, voorsitter van die klub was Teine vir lank in die kragmeting voor en het die studente eers in die laaste paar minute die oorwinning beklink.

Die liga skop weer af op 2 April, 2016.

Die klub se eerste wedstryd is teen Raiders maar hulle beplan om op 14 Februarie ‘n vriendskaplike wedstryd teen Vereeniging te speel. Albei wedstryde speel vind plaas weg van die huis af.

Toekennings oorhanding tydens die prysuitdeling- en eindjaarfunksie:
• Span wat die beste presteer het – Tweedespan
• Sportmangees van die jaar (junior) – Pieter Smit
• Mees verdienstelike lid – Jannie van Loggerenberg
• Persoon wat meeste inisiatief gehad het – Dana van Vuuren
• Beste spelers vir die Eerstespan – Christo Hugo (voorspeler) en Tiaan Nel (agterspeler)
• Beste spelers vir die Tweedespan – Rudi Bezuidenhout (voorspeler) en Theo Calitz (agterspeler
• Beste spelers vir die Derdespan – Martin du Plessis (voorspeler) en Immanuel Mendis (agterspeler)
• Beste spelers vir die o.19-span – Bongonisi Kraai (voorspeler) Jannie Kemp (agterspeler)
• Beste spelers vir die o.21-span – Werner McClean (voorspeler) en Louis van der Westhuizen (agterspeler)
• Beste vordering (junior) – Jaco Kemp (voorspeler) en Louis van der Westhuizen (agterspeler)
• Beste vordering (senior) – Donovan Hayens (voorspeler) en Simanga MagagulaAgterspeler
• Afrigters van die jaar – Werner Bam en Cecil Tucker
• Afrigter met die meeste inisiatief – Louw Parsons
• Spesiale toekening (amateurspan GLRU) – Rudi Marx, Herman van Eck en Lj van Heerden
• Sportman van die jaar – Victor Hendricks
• Grootste droogmakers – Jacques du Plessis, Donovan Hayens, Hendrik Engelbrecht, Innis Herbts, Barries Meintjies
• Mees verdienstelike span – o.19

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version