Kleuterskool leer gesond eet

Kleuter: As ek by die huis kom gaan ek 'n reuse toebroodjie maak!

Hot Dogs Incorporation het Dinsdag vir Melktandjies Kleuterskool in Homelake besoek waar kleuters oor gesonde eetgewoontes geleer is.

Die boodskap van gesond eet is in ‘n oulike manier deur middel van hul Albany Roadshow verduidelik.

Lisa Molaudzi en Grace Rangata van Hot Dogs Incorporation het soos ‘n feetjie en ‘n towenaar aangetrek en van Albany se Best of both worlds-brood gebruik om kinders te verduidelik dat brood baie lekker is.

Kleuters is ook geleer hoe om ‘n gesonde toebroodjie te maak en dat skyfies nie ‘n gesonde opsie is nie.

Een kleuter het gesê, “As ek by die huis kom gaan ek ‘n reuse toebroodjie maak!”.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version