Ouers en besighede vat hande by Riebeeck-gholfdag

Skool: Oud en jonk het die gholfdag geniet.

Dit was ‘n geval van hande vat tydens Hoërskool Riebeeckrand se jaarlikse gholfdag wat onlangs by die Randfontein Gholfklub gehou is.

Ouers, besighede in en om Randfontein asook Riebeeckrand-ondersteuners het die gholfdag kom geniet en ‘n vierbal gespeel.

Al die spelers is ook by die registrasiepunt met ‘n gholfpakkie en ‘n hoed bederf wat deur verskeie besighede geborg was.

Die skool en besighede wat die betrokke putjies geborg het, het die spelers ook daar getrakteer.

Oud en jonk het die gholfdag geniet. Ons as skool is dankbaar vir al die ondersteuning en goedgunstigheid van die ouers, besighede en ondersteuners,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version