Mikroskyfies die beste opsie vir jou troeteldier

Veearts: Dit word onder die vel ingeplant en is permanent.

Dr Hendrik Naude van die Randfontein Dierehospitaal het die Herald vertel hoe belangrik identifikasie aan jou troeteldier is.

Veral ook nou dat ons die feesseisoen binnegaan.

“Dit gebeur ongelukkig te veel dat diere sonder identifikasie by veeartse en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) aankom.

As ‘n dier in ‘n ongeluk was en noodbehandeling nodig het, sit die veearts met ‘n dilemma. Moet hy begin met behandeling wat geld kos, of moet hy die dier uitsit?” het Hendrik gesê.

Hy noem wel dat daar verskeie maniere is om jou dier te identifiseer.

“‘n Halsbandjie met ‘n plaatjie met die eienaar se telefoonnommer op werk goed, maar halsbandjies raak soms weg. ‘n Mikroskyfie werk baie beter.

Dit word onder die vel ingeplant en is permanent. Ongelukkig is daar nou soveel mikroskyfie-fabrikate dat dit moeilik is om uit te vind wie se skyfie dit is.

“Daarom beveel ons as veeartse aan dat een van die groot fabrikate se skyfies gebruik moet word, naamlik Identipet of Back Home.

“Hierdie maatskappye lewer goeie diens dag en nag en diere word ook deur die internet op hulle webtuiste geïdentifiseer. Beeste en skape moet volgens wet gemerk word met die eienaar se brandmerk.

“In die geval van verlore of gesteelde diere, kan die eienaar dan opgespoor word. Brandmerke word deur die Departement van Landbou geregistreer. Hulle sal ook help om die eienaar op te spoor,” het Hendrik gesê.

Photo courtesy of science.howstuffworks.com

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version