Sionspoort se Kersmark is hier

Unieke geskenke vir die hele familie is hier te vinde.

Die Hervormde Kerk Sionspoort se jaarlikse Kersmark het al ‘n instelling in Randfontein geword.

Volgens dr Johan van Staden, een van die gemeente se leraars, is die Kersmark baie gewild danksy die hoëkwaliteit handgemaakte geskenke wat teen baie bekostigbare pryse aangebied word.

Unieke geskenke vir die hele familie kan hier gevind word.

Die gemeente hou terselfdertyd ’n basaar met al die tradisionele eetgoed, musiek, baie pret vir die kinders, asook ’n heerlike verrassing of twee.

Die Kersmark en basaar word op Vrydag 27 November van 2nm tot 8nm en Saterdag 28 November van 8vm tot 1nm op die kerkterrein by Van Deventerstraat 93, Randgate gehou.

• Navrae: Skakel 082 464 1547.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version