Local newsNews

AGS Greenhills kry ‘n nuwe naam

Kerk: Dit is die begin van 'n vars en nuwe impak in die gemeenskap van Randfontein.

AGS Greenhills het hul naam verander en nooi Randfontein uit om die amptelike bekendstelling van die nuwe voorkoms en identiteit by te woon.

Die diens vind plaas om 9.30vm op Sondag, 29 November. Die kerkgebou se adres is 4 Swan Crescent, Greenhills.

Tydens die byeenkoms en erediens sal daar spesiaal gefokus word op die viering van die opknappings wat in die gemeente plaasgevind het.

Ons is so dankbaar teenoor die Here vir Sy innerlike werking in harte en lewens maar ook dat ons die voorreg het om fisiese en uiterlike veranderinge met die gemeenskap te kan deel. Alle eer aan Sy grote Naam en Sy koningkryk.”

Daar word ook ‘n onthulling van die nuwe embleem beplan en ‘n heerlike onthaal is gereël na afloop van die bekendstelling.

Die kerk nooi Randfontein uit om te deel te wees van die groot dag. Die kerk sê dit is die begin van ‘n vars en nuwe impak in die gemeenskap van Randfontein.

• Navrae: Kontak gerus die AGS Groen Weivelde se kerkkantoor by 011 692 3880 tussen 8vm tot 2nm van Maandag tot Vrydag.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button