Local newsNewsSchools

Rammies se harde werk in 2015 vereer

Dit is vir die hoof belangrik dat elke leerling in die skool erkenning moet kry vir positiewe gedrag en besonderse prestasies.

Dit was ‘n trotse dag vir leerlinge, personeel en ouers van Laerskool Randfontein (Ram) tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie wat onlangs gehou is.

Onder die bekwame leiding van Dalena Botha het elke leering in Ram erkenning gekry vir hul harde werk deur die jaar.

Dit is vir die hoof, Leon Haupt belangrik dat elke leerling in die skool erkenning moet kry vir positiewe gedrag en besonderse prestasies. Vanjaar se prysuitdeling was van besonderse hoë gehalte en ware spog geleenthede,” Annie Nolan, skoolwoordvoerder.

“Die saal was pragtig in wit versier en die trofee was blink gepoets vir die spog-geleentheid. Die Graad 4s was eerste op die verhoog geroep en daar is op ‘n hoogtepunt afgesluit met die gradeplegtigheid van die Graad R’e,” sê Nolan.

Een van die hoogtepunte by elke prysuitdeling is 100 persent skoolbesoek.

“Dit is vir Ram-personeel baie belangrik dat die leerlinge gereeld by die skool is en nie onnodig afwesig is nie,” het Annie gesê.

Vanjaar was daar vier Graad 7-leerlinge wat erkenning gekry het vir sewe jaar se 100 per sent skoolbesoek. Hulle is Annamarie Bekker, Jacobus du Plessis, Kay-Lee Maree en Kaila van Zyl.

Dis voorwaar ‘n prestasie en genade om so gesond te wees. Die hoof en personeel van RAM is uiters trots op al die leerlinge se pragtige prestasies. Welgedaan Rammies. Volgende jaar maak ons weer so.”

prysuitdeling 027 (Medium)
Sunica van Wyk het vier trofee vir Afrikaans, Wiskunde, EBW en die naasbeste graad 7-leerling ontvang. Foto ingestuur.

Leerlinge wat spesiale toekennings ontvang het:

Kultuur:
• Waldo Greyling – Beste Junior Kultuurleerling (Gr.1 tot 3)
• Clerise Begg – Beste Gr.4 tot 5 Kultuurleerling
• Devonique Breedt – Beste Gr.6 tot 7 Kultuurleerling
• ElandréObermeyer – Beste Junior Redenaar (Gr.1 tot 3)
• Kieren Rautenbach – Beste Gr.4 tot 5 Redenaar
• Tiané Lötter – Beste Gr. 6 Redenaar
• Tyllin Barnard –Beste Senior Redenaar (Gr.7)

Sport:
• Kurt de Swardt – Beste sportpresteerder

• Devonique Breedt – Sportdogter
• Tiaan Barnard – Sportseun

Atletiek:
• Elri Bosman – Junior Victrix Ludorum

• Stephan Schwartz – Junior Victor Ludorum
• Michaela Lubbe – Senior Victrix Ludorum
• JP Nel – Senior Victor Ludorum
• Stephan Schwartz – Beste Junior Atleet
• Michaela Lubbe – Beste Senior Atleet

Jukskei:
• Christiaan Swardt – Beste Seuns Jukskeispeler
• Daléén Nel – Beste Dogters Jukskeispeler (Ontvang die trofee vanaf gr.1 – 7)
• Jacques Ayres – Beste vordering in Jukskei

prysuitdeling 030 (Medium)
Dieter Geldenhuys (graad 7) het trofee ontvang vir Wiskunde en Tegnologie.

Krieket:
• Rickus Thiart – Beste o.9 Krieketspeler

• FG Mulder – Beste o.10 Krieketspeler
• Ethan Gibbons – Beste o.11 Krieketspeler
• Roché Rautenbach – Beste o.12 Krieketspeler
• Tiaan Barnard – Beste o.13 Krieketspeler
• FG Mulder – Junior Krieketspeler (o.9 tot o.11)
• Roché Rautenbach – Senior Krieketspeler (o.12 tot o.13)
• Petrie du Toit – Beste vordering in krieket

Landloop:
• Freddie Parrott – Beste Landloopseun

• Caitlin Benade – Beste Landloopdogter
• Wian Wray – Toegewydste Landloopatleet

Netbal:
• Tiané Taljaard – Beste vordering in Netbal (o.9)

• Nadine Greeff – Beste vordering in Netbal (o.13)
• Elri Bosman – Beste o.9 Netbalspeler
• Arlien Oudbier – Beste o.10 Netbalspeler
• Lou-Nita Vorster – Beste o.11 Netbalspeler
• Devonique Breedt – Beste o.12 Netbalspeler
• Michaela Lubbe – Beste o.13 Netbalspeler

Rugby:
• Eunan Nortje – BelowendsteJnr Rugbyspeler (o.9 tot o.10)

• Kurt de Swardt – Beste Senior Rugbyspeler (o.10 tot o.13)
• Marchelle Roux – Beste o.9 Rugbyspeler
• FG Mulder – Beste o.10 Rugbyspeler
• Renier Botha – Beste o.11 Rugbyspeler
• Kurt de Swardt – Beste o.12 Rugbyspeler
• JP Nel – Beste o.13 Rugbyspeler

Skaak:
• Waldo Greyling – Beste Junior Skaakspeler (o.7 tot o.9)

• Jan-Marco Bester – Beste Senior Skaakspeler
• Tiaan Nagel – Beste vordering in Skaak
• Drytton Barnard – Belowendste beginner Skaakspeler

Tennis:
• Leila Snyman – Beste Junior Tennisspeelster (o.9 tot o.11)

• Waldo Greyling – Beste Junior Tennisspeler (o.9 tot o.11)
• Daléén Nel – Beste Senior Tennisspeelster (o.12 tot o.13)
• Dewald Jacobs – Beste Senior Tennisspeler (o.12 tot o.13)

Hokkie:
• ZurykeBatt – Beste Junior Hokkiespeler (o.10 tot o.11)

• Devonique Breedt – Beste Senior Hokkiespeler (o.12 tot o.13)
• Michaela Lubbe – Belowendste Hokkiespeler

Akademie:
• Xavier Joubert – Beste vordering in graad 7

• Sunica van Wyk – Beste prestasies in Afrikaans, EBW en Wiskunde
• Odé du Plessis – Beste prestasies in Engels, Wiskunde en Natuurwetenskappe
• Dieter Gildenhuys – Beste prestasies in Wiskunde en Tegnologie
• Nadine Greeff – Beste prestasie in Sosiale Wetenskappe
• Michelle Bezuidenhout – Beste prestasie in Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
• Herma Bosman – Beste prestasie in Skeppende Kunste
• Michaela Lubbe – Beste prestasie in Lewensoriëntering

Ander prestasies:
• Tiané Lötter – Veelsydigste leerling

• Wjanik Beneke – Hoof se Toekenning

prysuitdeling 067 (Medium)
Ode du Plessis (graad 7) en Dux-leerling van 2015 by haar trofee vir Engels, Wiskunde en NW. Foto ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button