Local newsNewsSchools

Ramkriekie-kleuters sê hul oulike sê

Juffrou: Wat is mampoer? Kleuter: Jy mampoer al die hele môre.

Die hoogtepunt van Ramkriekie-kleuterskool se kalender is beslis hul Graad R-gradeplegtegheid.

https://twitter.com/RoxydvHerald/status/664839974374780928

Elke jaar doen Laerskool Randfontein (Ram) iets nuuts maar een ding bly dieselfde — die te oulike kleuter-en-onderwyser-onderhoud waar die onderwyser ‘n Ramkriekie vra wat hy of sy eendag wil doen as hul groot is.

 

Vanjaar was dit vir onderwysers, ouers en selfs die iets besonders. Leerlinge word op die verhoog geroep en die aanbieder gee die gehoor meer inligting oor die kleuter.

Een van hulle, Amoné Kriek, sê sy wil eendag wees.

Werner van Rensburg sê, “Mamma roep vir pappa engel en pappa kan baie stout wees. Hy het klappers gehad en toe skiet hy mamma se potte stukkend toe jok hy vir oupa daaroor.”

In die onderhoud voor die gradeplegtegheid was sommige leerlinge gevra wat mampoer was. Ewan Venter sê, “Jy mampoer al die hele môre.”

 

Mariska Britz was gevra wat onmisbaar beteken. Sy het baie ernstig geword en gesê, “Juffrou, dis ‘n baie lelike woord.”

Lukas Ballack sê, “My sussies maak my baie kwaad want hulle wil nie hulle fone met my deel nie.”

Die voorgenoemde Ramkriekies en ook die ander is nou klaar met Kriekskool en gaan volgende jaar grootskool toe.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button