Rappies Pre-Primêr se aand saam met die sterre

Die markiestent was gepak met ongeveer 2 000 opgewonde toeskouers, familie en vriende.

Rappies Pre-Primêr het hulself oortref tydens vanjaar se jaarlikse konsert saam met Tanya V en Touch of Class wat onlangs gehou is.

Die tema was, ‘n Aand saam met die sterre, onder die sterre.

Die dag het al vroeg afgeskop met meer as 85 stalletjies wat heerlike eet- en drinkgoed asook allerhande interessanthede insluit. Die voorprogram het om 5nm begin met Rappies en Jannas se pom-poms, die Dans a Volanté Dansskool asook Letzi Lottering Musiekskool.

Om 6nm het Rappies se kleuters met hulle spogkostuums die verhoog met Tanya V en Touch of Class gedeel. Die markiestent was gepak met ongeveer 2 000 opgewonde toeskouers, familie en vriende.

Dit was ‘n regte skou-atmosfeer en al mal het lekker saam geëet en gekuier. Dit was voorwaar ‘n aand om te onthou.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version