Local newsNewsSchools

Heidi en Peter sit glimlag op gesigte

Ongeveer 150 toeskouers geniet kleuters se spoggerige jaareindkonsert.

Heidi en Peter Kleuterskool se kleuters het verlede Saterdag beslis vir ‘n glimlag op die gehoor se gesigte gesorg tydens hul Kerskonsert. Na die opvoering het die gradeplegtigheid plaasgevind.

Die konsert met die tema Make a joyful noise is by Randfontein Gholfklub gehou. Daar was ongeveer 150 toeskouers.

Tydens hierdie jaarlikse konsert stel kinders van drie tot ses jaar oud hul talente ten toon. ‘n Totaal van 80 kleuters het deelgeneem, met elke klassie in ‘n ander kleur. Die kleuters het al op die eerste skooldag in Januarie begin oefen.

Agt onderwyseresse het die kleuters reg deur die jaar bygestaan om hulle voor te berei. Die kinders het gedans, gesing en ‘n opvoering van Jesus se geboorte gedoen. Die hoogtepunt was definitief die kleuters wat ritmies op hul instrumente gespeel het.

Daar is gesing en gedans op die maat van liedjies soos If you’re happy and you know it, Hey Diddle Diddle en Bana ba sekolo.

“Baie dankie aan Randfontein Gholfklub en al die ondersteuning van al die ouers op die dag,” het Rochelle de Beer, eienaar van Heidi en Peter Kleuterskool gesê.

Volgende jaar verander die kleuterskool se naam na Early Childhood Development Centre en hulle gaan ook kampe hou.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button