Local newsNewsSchools

Sien jy kans vir joernalistiek?

Caxton Koerante aan die Wes-Rand is op soek na leerling-joernaliste vir 2016.

Het jy ‘n passie vir skryf? Gee jy om vir jou gemeenskap?

Diegene wat in joernalistiek as ‘n toekomstige loopbaan belang stel of nie seker is wat hulle volgende jaar wil doen nie kan nou vir ma en pa, en selfs hul geliefdes in die oë kyk en sê: “Ek wil dit probeer, dit is vir my”.

Caxton Koerante aan die Wes-Rand is op soek na leerling-joernaliste vir 2016.

Vereistes:

• ‘n Onlangse matrieksertifikaat met ‘n goeie punt in Engels Eerste Taal of ‘n A-simbool in Engels Tweede Taal, en Afrikaans

• Die vermoë om te skryf

• Hou daarvan om met mense te werk

• Selfgemotiveerd

• Rekenaargeletterd

• Woon in die omgewing wat deur die koerant gedek word

As jy ‘n regmerkie langs al bogenoemde kan maak, kan die geleentheid dalk joune word.

Stuur dan jou CV met jou kontakbesonderhede na:

• Die Redakteur by randfonteinherald@caxton.co.za of, • Posbus 69, Randfontein, 1759 of,

• Kennethweg 113, Greenhills, Randfontein

Let wel geen aansoeke sal na Woensdag 11 November 2015 aanvaar word nie.

Indien jy teen Vrydag 13 November nog nie van ons gehoor het nie, het jou aansoek nie geslaag nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button