Local newsLocal sportNewsSport

Medaljes net waar jy kyk vir Goju Ryu

Plaaslike karateklub staan uit in Johannesburg.

Die Goju Ryu-karateklub in Randfontein het na van die Interskole Kampioenskappe in Johannesburg die afgelope naweek met ‘n handvol medaljes teruggekeer.

Byna 500 karateka van skole in Gauteng, KwaZulu-Natal en selfs so vêr as die Kaap het deelgeneem.

Die volgende karateka het medaljes verower:

• Rujuan Jansen van Vuuren (Hoërskool Riebeeckrand) – silwer vir kumite en brons vir kata

• Ru-Anne Jenkinson (Laerskool Rapportryer) – brons vir kata en brons vir unison kata

• Anri Graaff (Laerskool Randfontein) – brons vir unison kata

• Christel Graaff (Laerskool Randfontein) – brons vir unison kata

Klasse word op Maandae en Woensdae vanaf 5.30nm in Laerskool Randfontein se skoolsaal aangebied.

• Navrae: Eugene van Staden 082 805 7156.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button