Ou Randgate-kerk opgeknap

'Die groei in die gemeente is alles net genade en die Here kry absoluut al die eer.' – Pastoor.

Die Gemeente van Christus-kerk in Randgate het self ‘n wonderwerk beleef. Die gemeente is in 1953 in Randfontein gestig.

Dit nadat opknappingswerk een Sondag gedoen is.

Pastoor Desmond Wessels het gesê, “In die eerste vier maande van 2014 was daar sprake dat die gemeente gaan sluit, maar in Jesaja 43:13 staan daar geskrywe, ‘Ek werk, en wie kan dit keer?'”

Hierdie ou kerk is in Henningstraat in Rangate tussen twee huise en lyk self soos ‘n huisie.

In die afgelope 18 maande het ek gesien wat God kan doen wanneer ons binne Sy wil beweeg. Ons as ‘n gemeente is ‘n familie en glo God moet gedien word in gees en waarheid,” het Desmond gesê.

Hy het vertel hoe die kerk die afgelope 18 maande gegroei het. “Daar is elke week nuwe lede en ek staan verbaas.” Die Sondagskool en die jeuggroep raak ook al hoe groter en dit maak die kerk opgewonde oor die toekoms.

“Baie mense wonder wat die resep vir ons groei is en my antwoord is lees jou Bybel en bid elke dag en dan jy sal groei. Ons kan sien wat die opdrag is in Handelinge 2:47, ‘Terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het by die gemeente gevoeg die wat gered is’.

Ek wil vir die Here dankie sê vir die wonderlike familie by ons gemeente wat ons ondersteun en bystaan in alles wat ons doen. Die groei in die gemeente is alles net genade en die Here kry absoluut al die eer,” het Desmond gesê.

Die volgende opknappingswerk is gedoen:

• Kerk is binne en buite geverf

• Die stoele in die kerk is herrangskik

• ‘n Nuwe verhoog en kansel is gebou

• Die tuin het aandag gekry met ‘n bietjie kleur voor die kerk

• Nuwe gordyne is binne gehang

• Nuwe kussings vir die stoele is gemaak

• Kerksaal is oorgedoen

• Nuwe waaiers is in die kerk geplaas

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version