Local newsNewsSchools

Riebeeckrand-poortloop ‘n besonderse tradisie

Dit simboliseer dat hulle trots as volwaardige Riebeeckranders die wêreld ingestuur kan word.

Hoërskool Riebeeckrand se jaarlikse Poortloop word as ‘n besonderse tradisie beskou en iets waarna elke volwaardige Riebeeckrander uitsien.

“Elke gr.8-leerling asook nuwe leerlinge wat by Riebeeckrand inskryf stap na afloop van die inburgeringsprogram en groentjiekonsert deur die skool se Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckrander ingeburger te word.

“Met hierdie mooi geleentheid ontvang elke leerling ‘n sertifikaat en onderneem hulle om altyd deel van die spogskool en die skool se aktiwiteite te wees,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, gesê.

Met die Poortloop word die hekke deur die hoof, personeel, die beheerliggaam en die seniorraad oopgesluit. Aan die einde van die leerlinge se matriekjaar stap hulle dan weer deur dieselfde Poort se hekke na buite.

Dit simboliseer dat hulle trots as volwaardige Riebeeckranders die wêreld ingestuur kan word,” het Ezleri bygevoeg.

Die matriekgroep van 2015 het op Vrydag 16 Oktober deur die Poort se hekke geloop. Die matrieks sowel as hul ouers het toe na afloop van die Poortloop ‘n afsluitingsdiens by die NG-Wes gemeente bygewoon.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button