Laerskool Randfontein – dié kultuurskool

'Dis voorwaar ‘n voorreg om soveel talent onder jongmense te sien' – Ram.

Laerskool Randfontein (Ram) het onlangs weereens hul naam hoog gehou as dié kultuurskool van Randfontein.

Tydens die onlangse NEA-galaprysuitdelings het nege van hul leerlinge en een groep spesiale toekennings ontvang.

Laerskool Randfontein het ook ‘n algehele vierde plek behaal tydens die NEA. Die top 10 skole is eerste H/s Monument, tweede H/s Riebeeckrand, derde Drama-skool en vierde L/s Randfontein. Dit beteken dat Ram die beste laerskool by die NEA-kunstefees was.

Ram se leerlinge het voorwaar gedomineer tydens die Raca-galafunksie. Drie dogters is opgeneem in die Diamant-klub, drie leerlinge was die algehele wenners in hul afdelings terwyl 25 leerlinge en vier groepe kategoriewenners was.

Die skool se seniorkoor het ook ‘n wisseltrofee ontvang as die beste skoolkoor.

Laerskool Randfontein is uiters trots op die leerlinge wat so mooi presteer het. Dis voorwaar ‘n voorreg om soveel talent onder jongmense te sien,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Leerlinge wat spesiale toekennings ontvang het tydens die NEA-kunstefees:

Graad 2:

• Delia Beukman – Afrikaanse voorbereide lees

• Alexia Smyth – Afrikaanse Bybelprosa

• Matty Harrison – Drie itemwenners en een kategorie wenner

Graad 3:

• Elri Bosman – ambasadeurswenner (enigste laerskoolleerling)

• Tiané Taljaard – itemwenner in Engelse liriese gedig en Afrikaanse verhalende poësie

• Waldo Greyling – Afrikaanse Bybelprosa, Afrikaanse liriese gedig, Afrikaanse voorbereide lees en Afrikaanse redenaars

Graad 4:

• Marleen Nothnagel – Engelse limerick poësie

Graad 6:

• Devonique Breedt – tweede plek op die top 10 presteerders

• Tiane Lotter – vierde plek op die top 10 presteerders, Engelse redenaars en Afrikaanse redenaars.

Groepe:

• Juniorkoor – itemwenners

Elri Bosman is die enigste laerskoolleerling wat ‘n ambasadeurswenner tydens die NEA-kunstefees was. Foto: Annie Nolan.

Leerlinge wat spesiale toekennings ontvang het tydens die RACA-kunstefees:

Diamant-klub

• Tiané Lötter

• Caitlyn Begg

• Clerise Begg

Trofee:

• Ram seniorkoor – beste skoolkoor

Algehele wenners:

• Armand Maartins – junior vokale

• Twané Herbst – junior dans

• Tiané Lötter – seniorprimêr Spraak en Drama

Kategoriewenners:

Graad R:

• Eckard Havenga – Engelse gedramatiseerde poësie

• Ruwayden Bam – Bybelprosa

• Zinelle Smit – Engelse gedramatiseerde poësie

• Mianke Reid – solo akrobatiese

Graad 1:

• Armand Maartins – toneel, Afrikaanse dialoog, solo vokale, blokfluit duet

Graad 2:

• Twané Herbst – klein groepie poësie, klein groepie mimiek, ballet solo

• Anais Weeks – voorbereide mimiek en Engelse poësie

• Alexia Smyth –voorbereide mimiek

• Jana Maartins – toneel, Afrikaanse dialoog

• Gus Pieterse – Afrikaanse voorbereide storie vertel, poësie, Engelse poësie, mimiek

Graad 3:

• Dryton Barnard – blokfluit

• Elandré Obermeyer – vokaal

• Carla Strydom – kitaar solo en vokale solo

• Angelique van der Walt – solo en duet akrobatiese

Graad 4:

• Kieran Rautenbach – vokale klein groepie

• Clerise Begg – Bybelprosa, Afrikaanse gedramatiseerde poësie

• Caitlyn Erasmus – solo met agtergrond musiek

Graad 5:

• Anre Naude – akrobatiese dans

Graad 6:

• Helgaardt Westraadt – viool

• Roché Rautenbach – kitaar (novice)

• Caitlyn Begg – klavier

• Donne van der Walt – akrobatiese trio

Graad 7:

• Annamrie Bekker – solo musikale

• Michaela Lubbe – beste tekening

• Tyllin Barnard – solo vokaal

Groepe:

• Superrammies: pompoms

• Drama toneelgroepe: Koeksisters en Dr. Aak

• Groepsang – Clerise en Caitlin Erasmus

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version