Groot groep Rierand-ringbaldogters haal die paal

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op hierdie ringbaldogters.

‘n Groot groep dogters van Hoërskool Riebeeckrand is onlangs in verskeie SA-spanne in die sport van ringbal opgeneem.

Anri Coetzer en Marilee van der Walt is onderskeidelik in die SA o.23- en o.17-ringbalspanne opgeneem terwyl Twanette Thoms en Charnell Oberholzer – albei o.17 en Melouise Mulder (o.15) die SA-uitnodigingspan gehaal het.

Daar is dan ook twee dogters, Cherise Nieuwoudt en Zani Henery wat vir die o.17-presidentuitnodigingspan gekies is.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op hierdie ringbaldogters.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version