Local newsNews

Randfontein Skou bederf senior burgers

Een van die sangers Jeanette Rootman is 'n oud inwoner van Randfontein.

Die Randfontein Skou se 30-jaar feesvieringe volgende jaar skop af op Donderdag, 3 Maart en duur tot Sondag, 6 Maart.

Die Randfontein Publisiteits-vereniging (RPA) nooi alle senior burgers uit om die skou op die Donderdag te besoek.

Die gewilde sangpaar, Heuning, gaan vanaf 12.30nm die senior burgers op die hoof verhoog vermaak.  Een van die sangers Jeanette Rootman is ‘n oud inwoner van Randfontein. 

Spesiale Skou toegangsfooie van R30 per dag is van toepassing op senior burgers van 65 jaar en ouer. Toegangskaartjies is vanaf 11 Januarie 2016 by die Skou se kantoor beskikbaar.

Gewone Skou toegangsgelde vir volwassenes: Donderdag R60, Vrydag R70, Saterdag en Sondag R80. Vir kinders is dit R30 (ses tot 12 jaar) en voorskools gratis.

Goedkoper Skou kaartjies R60 (slegs vir volwassenes) is van 11 Januarie tot 2 Maart 2016 beskikbaar.

Skakel die Skou-kantoor by 011 412 2878 of 1878.

Die groep, Heuning se Henk Dercksen en Jeanette Rootman sal senior burgers tydens volgende jaar se Randfontein Skou vermaak.
Die groep, Heuning se Henk Dercksen en Jeanette Rootman sal senior burgers tydens volgende jaar se Randfontein Skou vermaak.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Start saving for the 2016 Show

Spaar nou vir 2016 se Skou

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button