Local newsNewsSchools

Janna wees is ‘n fees

Volgens Jannas se VRL-voog was dit weer duidelik dat Jannas jong leiers met integriteit lewer.

Dis ‘n fees om ‘n Janna te wees. So sê Hoërskool Jan Viljoen se VRL wat onlangs hul VRL-kamp gehad het.

Die kamp is by Raloka naby Brits vir Jannas se nuutverkose Graad 10 en 11 VRL-lede aangebied. Volgens Sarel Steyn, adjunkhoof en VRL-voog was dit weer duidelik dat Jannas jong leiers met integriteit lewer.

Kallie Rautenbach wat baie bekend in Wes-Kaapse lewensafrigterskringe is, was die kursusleier.

Hy het dié jong leiers uitgedaag om ‘n aardskuddende verskil in die skool- en breër gemeenskap te maak.

“Dit is veral ‘n riem onder die hart dat hierdie dinamiese jong leiers hul menings oor bepalende lewenskwessies kan lug,” het Sarel gesê.

Zander du Preez en Kyle Grootboom in die water. Foto: Ingestuur.
Zander du Preez en Kyle Grootboom in die water. Foto: Ingestuur.

Danksy die Christelik gefundeerde aanslag deur Kallie het die VRL-lede en -voogde met nuwe woema teruggekeer om diep spore op eie bodem te trap!”

Jannas se Bokkie-netbalspanspeler, Anja Esterhuizen het gesê dit was ‘n voorreg om tydens die VRL-dinee na Elize Kotze, die vorige afrigter van die Protea-netbalspan te luister.

Rénier van Dyk, Jannas se akademieboffin en ster-rugbyskeidsregter het vertel, “Oom Kallie is ‘n lewensafrigter in die ware sin van die woord en het ons ook toegerus om uit te reik na ander, konflik te ontlont en om van ander leerlinge leiers te maak.”

Volgens Sarel het die VRL-lede hope pret gehad en op die hindernisbaan karakter gewys. Hy is van mening dat dit beslis ‘n groep met baie dryfkrag is en het gesê dat hul opwindende projekte in die vooruitsig het.

Deshaun Marshall en Wickus Meintjies tydens die VRL-kamp. Foto: Ingestuur.
Deshaun Marshall en Wickus Meintjies tydens die VRL-kamp. Foto: Ingestuur.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button