Local newsMunicipalNews

Eiendomwaardasie by W’aria-munisipaliteit beskikbaar

AfriForum: Raak betrokke, dit is baie belangrik.

Aangepaste eiendomwaardasie is nou beskikbaar by die Westonaria Plaaslike Munisipaliteit.

AfriForum het bekendgemaak dat die kennisgewings aan grondeienaars aangaande hulle aangepaste eiendomswaardasies nou by die munisipaliteit beskikbaar is.

Volgens Chris Fourie, AfriForum provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid het Nicky Laubscher van Evaluations Property Intelligence aan AfriForum bevestig dat die ruklêer van al dié kennisgewings aan die Westonaria Munisipaliteit gestuur is.

AfriForum moedig grondeienaars egter aan om nie te wag dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor die kennisgewings aflewer nie, maar eerder die munisipaliteit te besoek om ’n afskrif van die kennisgewing te bekom,” sê Fourie.

“Dit is baie belangrik dat die gemeenskap en veral grondeienaars deelneem en by die plaaslike munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning, begroting en eiendomswaardasieprosesse betrokke raak,” het Fourie bygevoeg.

Chris Fourie, AfriForum provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid. Foto: Facebook.
Chris Fourie, AfriForum provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid. Foto: Facebook.

AfriForum gaan in November 2015 ’n gemeenskapsvergadering hou om die publiek oor dié prosesse in te lig.

Fourie sê as grondeienaars nie met die aangepaste eiendomswaardasie saamstem nie het hulle nog kans om protes aan te teken binne 30 dae ná hulle die kennisgewing ontvang het.

Die gemeenskap kan Sonja Mitchell of Simon Mbidi by die munisipaliteit vir meer inligting skakel.

As mense deel van die AfriForum Westonaria-tak wil wees kan hulle ‘Westonaria’ SMS na 45342 stuur. Die SMS kos R1.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button