Local newsNewsSchools

Jannas-leerlinge gaan groot in die VSA

Twee Top-10 leerlinge van Jannas kry die voorreg om die VSA te besoek.

Twee leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het onlangs die voorreg gehad om die Verenigde State van Amerika (VSA) te besoek vir ‘n akademiese toer.

Die leerlinge is Marina Nagel en Dawie van der Merwe. Die toer het vanaf Donderdag 1 tot Woensdag 7 Oktober plaasgevind.

Volgens die skoolwoordvoerder, Tamaryn Smith is albei deel van hulle spesifieke graad se akademiese Top 10.

Marina en Dawie sê hulle het Boston, New York en die hoofstad, Washington DC besoek. Verder was hulle by die universiteite Harvard, MIT en Yale.

Dan in New York wou die twee nie die oomblik verby laat glip om plekke soos Hard Rock Café, die Empire State Building, Times Square, Central Park asook die Newseum te sien nie. Die Newseum is ‘n groot trekpleister en museum van nuus en joernalisme.

In Washington DC het die duo ook die Verenigde Nasies-kantore, die Lincoln Memorial, die Withuis, die Arlington Cemetery, die 9/11-gedenkteken, die J.F. Kennedy- en Smithsonian-museums besoek.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Jannas-netbalster toer in Ierland

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button