Local newsNews

Is jy die volgende worsbraaikoning?

Die idee is dat gesinne in die gemeenskap saamkuier.

Die NG Kerk Middelvlei bied op Saterdag 7 November ‘n dag van groot pret en gesellige vermaak aan in die vorm van ‘n worsbraai-kompetisie.

Die pretdag sal by Hoërskool Riebeeckrand plaasvind en begin omstreeks 10vm en sal tot 2nm duur. Daar gaan ook waterkaskenades, hondevertonings asook speletjies vir oud en jonk wees.

Gaskunstenaars vir die dag is Karla van Tonder, Chrismarche en Gert Kitaar. Koeldrank en kos sal beskikbaar wees terwyl ‘n heerlike spitbraai aan die gang sal wees.

Die idee is dat gesinne in die gemeenskap saamkuier. Enige persoon is welkom om aan die worsbraaikompetisie deel te neem.

Daar is gevra dat bellangstellendes hul eie braaigoed, gazebo, tafels en stoele moet bring. Beoordeling vir die worsbraai-kompetisie vind om 12nm plaas. Daar is ook inskrywingsgeld vir die kompetisie.

Die pryse is soos volg:

• Eerste prys: R2 500 koopbewys vir kruideniersware

• Tweede prys: Kragopwekker

• Derde prys: R750 koopbewys vir vleis by slaghuis

• Navrae: Ds Edwin van Wyk by 082 305 5807 of Orsiela Kruger by 076 560 3284.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button