Local newsNews

Familie hou groot reünie

Hulle gesin bestaan uit sewe dogters en drie seuns.

Inwoner Joey de Beer, haar nege broers en susters asook hulle gesinne het die afgelope Saterdag ‘n groot reünie gehou ter herinnering van hul ma.

Joey, wat al 29 jaar lank in Randfontein woon vertel dat haar ma, Mercia Botes in 2001 op die ouderdom van 66 oorlede is. Haar laaste wense was dat al haar kinders hulle hart vir die Here moet gee en dat hulle altyd bymekaar moet staan.

Ons het haar wense vervul. Ons almal gesels elke dag en kom baie bymekaar om te kuier. Ons almal glo ook aan die Here en lewe daarvolgens,” sê Joey.

Hulle gesin bestaan uit sewe dogters en drie seuns.

Die dogters is Malinda Moller, Adri van Jaarsveld, Anne-Marie Viljoen, Joey de Beer, Martie Pretorius en Wilma Moller. Die seuns is Martin Botes, Andre Botes en Kobus Botes. Daar was ongeveer 45 familielede by die reünie.

Hulle het ‘n heerlike spitbraai gehou en lekker gekuier.

Joey sê dat hulle dit weer sal hou en dat haar ma baie trots sou wees as sy hulle so saam kon sien het.

Besoek die gallery vir nog foto’s.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button