Local newsNews

Fred en Martie-sopkombuis se wens vir Kersfees

'Ons wil graag vir elkeen van ons kindertjies en bejaardes ‘n geskenkie en iets te ete te gee.'

Fred en Martie se Sopkombuis gaan op 28 November en 5 Desember vir die bejaardes en kinders afsonderlik ‘n kerspartytjie hou.

Yolindie Oberholzer, eienaar van die langbestaande sopkombuis, sê, “Ons Sopkombuis bestaan al vir langer as drie dekades. Ons is ‘n gerigistreerde, nie winsgewende organisasie en kan ook ‘n IT 18A sertifikaat aan u verskaf vir enige finansiële of nie- finansiële ondersteuning.

Ons gee steeds vir ongeveer 500 minder bevoorregte kindertjies ‘n smaaklike ete elke dag. Ons verskaf klere aan hulle, gee kospakkies vir mammas en ons oues van dae en skep geleenthede deur die projekte wat ons aanbied. Ons staan vas in God en gaan die kersfees met hoop tegemoet.

“Daar is hoop in ons harte en ons weet dat die dag van môre in God se genadige hande is.”

Yolindie sê, “Ons wil eerstens vir U opreg dankie sê vir U liefde en ondersteuning oor die jaar heen. Sonder U mooi harte sal ons nie in staat wees om God se werk in ‘n behoeftige gemeenskap voort te sit nie. Ons is aan die begin van 2015 se feesseisoen en ons kyk op na die berge: Waar vandaan sal daar vir ons hulp kom?

“Dan bevestig God se gees in my binneste. My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat ek struikel nie. Hy wat my beskerm slaap nooit nie. Ek dank God vir sy geloof sekerheid en dat hy ons Reisgenoot is hier by die Sopkombuis.”

Yolindie sê ook, “Ons vra u hierdie feesseisoen ons reisgenote te wees. Sonder u hulp en bystand sal dit nie vir ons moontlik wees om vir ons kindertjies en bejaardes die ervaring van ‘n denneboom kersfees te gee nie. U wonder nou seker wat dit beteken.U sien, ‘n denneboom is immergroen.

“Dis soos die Here graag wil hê ons kindertjies en bejaardes moet wees. Selfs al kry hul baie swaar, moet hul nog steeds mooi en vol lewe wees. Immergroen, deur al die seisoene van hul lewens. Die takke van die denneboom herinner ons daaraan dat ons saamgestel is uit verskillende gesinne met verskillende, seer, swaarkry , beproewinge en geluk.”

Ons wil graag vir elkeen van ons kindertjies en bejaardes ‘n geskenkie en iets te ete te gee. Ons wil die vreugde en vrede van kersfees met hul deel. Ons wil hul bederf en die sterretjies in hul ogies ervaar as getuienis van hul waardering van ‘n kersfees geskenkie wat hul andersins nie sal kry nie.

Die volgende datums is van belang : 28 November (Bejaardes se Kersete) en 5 Desember (Kinders se Kerspartytjie).”

Ons het ‘n Kersfees wenslysie opgestel waar ons vra dat julle harte sal oopgaan om ons die Kersfees te help om vir minder bevoorregte kinders en bejaardes ‘n spesiale kersfees te gee. Skakel my asseblief om meer uit te vind wat ons benodig vir hierdie twee spesiale dae. “

Yolindi sluit af, “As die Here dit op u hart lê om ons te ondersteun op welke manier ook al kan u ons kontak op 082 854 6904/082 786 8517. Indien u ons finansieël wil ondersteun sluit ek ons bankbesonderhede hier onder in: Fred en Martie se Sopkombuis, ABSA Bank, Tjek Rekening, Rekening Nommer: 4041078559, Tak Kode: 430431.Ons wens u en u geliefdes ‘n geseënde feesgety en Gods gevulde 2016 toe.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button