Local newsNews

Voorkom dat vee vergiftig word

Dr Naude gesels oor die verskillende tipes vergiftiging wat by vee voorkom.

Dr Hendrik Naude van die Randfontein Dierehospitaal het met die Herald gesels oor die verskillende tipes vergiftiging wat dié tyd van die jaar skape, bokke en beeste se einde kan beteken.

Die bekendste tipes vergiftiging in die omgewing is Blousuur, Gousiekte, Suurpens en swamvergiftiging.

Blousuurvergiftiging kom voor wanneer die gras na ‘n goeie reënbui vinnig groei maar ook baie vinnig in die son verlep.

Die gras bou dan blousuur op en die diere wat daarvan vreet kry die giftige kombinasie in. Die blousuur verbind met die dier se rooibloedselle wat ‘n suurstoftekort by die dier veroorsaak. Die simptome hiervan is dat die dier opgeblaas sal lyk en vinniger vrek. Hulle vrek gewoonlik laat in die middag.

Om dit te voorkom, kan die boer blomswael by die soutblok voeg en Hypo kan per mond aan die dier toegedien word om Blousuur te behandel.

Gousiekte word veroorsaak deur ‘n plant wat ‘n baie goeie ondergrondse wortelstelsel het en baie voedingstowwe gedurende die winter daarin stoor. In die somer kom dié plante eerste op en diere vreet die blaartjies. Dit is ‘n dodelike gif wat seld kan veroorsaak dat as ‘n dier net ‘n bietjie opgewonde word, hy aan hartversaking kan vrek.

Gousiekte kan voorkom word deur die diere uit kampe te hou waar die bossies voorkom. Daar is geen behandeling teen Gousiekte nie.

Suurpens kom voor as daar ‘n tekort aan voeding is en die boer net brood en pap (stysel) vir die diere voer. As ‘n dier nie aan hierdie tipe voeding gewoond is nie, sal die dier se pens deur die suur vergiftig word en gevolglik ook die hele liggaam. Die dier begin opblaas van water en vrek. Voorkoming hiervan is om die diere geleidelik gewoond te maak aan die stysel. Die boer kan ‘n teensuurmiddel gebruik om die dier te behandel.

Swamvergifting word veroorsaak deur gemufte kos wat aflatoksien bevat. Die swart swam op die voedsel is ‘n baie gevaarlike lewergif.

‘n Vergiftigde dier leef nie langer as twee dae nie. Die enigste voorkoming is om die diere van die tipe kos weg te hou. Simptome hiervan is bloed in die dier se slymvliese en in party gevalle diarree. ‘n Mens kan ook sien dat die dier pyn ervaar, en in sommige gevalle diarree.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button