Jannas-netbalster toer in Ierland

Leerling van Hoërskool Jan Viljoen verf Ierland rooi.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se ster-netbalspeler, Anja Esterhuizen, het verlede maand die SA Bokkie o.19-netbalspan in Ierland verteenwoordig.

Hulle het daar met vyf spanne van onderskeidelik kolleges, klubs en ander toergroepe kragte gemeet.

Ons het gestap vir die eerste span want anders as in ons land is jy net ‘n klipgooi ver van waar jy wil wees. Ons het vyf aande in Jacobs Inn in Dublin spandeer en twee aande in The SleepZone in Galway.

“Ons het ook plekke soos The Cliffs of Moher, Dublin Castle en St Patricks Cathedral besoek. Verder het ons die strate ingevaar en die pragtige Ierland rooi geverf,” het Anja gesê

Anja vertel ook hoe sy die vreemde sportsoort, Hurling of Hurley probeer speel het. Dit is ‘n antieke sport in Ierland soortgelyk aan hokkie.

Jannas is baie trots op hul SA Bokkie-netbalspeler en wens haar alles van die beste toe vir die toekoms.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version