Boere is keelvol vir veediewe

Boere van die omgewing het genoeg gehad van veediewe.

Boere in Westonaria het hul stem dik gemaak oor veediefstal.

Volgens Sarel Cillier wat in die Westonaria-omgewing boer, is sy beeste onlangs gesteel.

“Ons het twee dae lank na hulle gesoek,” het hy vertel.

Cillier het gesê hy en Jaco Tait, wat ook in die Westonaria-omgewing boer, het die plek gekry waar die diewe glo die gesteelde beeste aanhou.

Ons het deurgeloop. Dit was donker en ek ken mos nie die plek nie. Ek het ‘n selfoonliggie gesien en soontoe gestap. Toe word ek oor die kop geslaan met ‘n baksteen. Jaco is ook geslaan. Ons het opgestaan en terugbaklei.”

Volgens Cillier het hy en Tait wel later die beeste teruggekry en is vyf verdagtes gearresteer.

Hulle het op Woensdag 21 Oktober in die hof verskyn.

Cillers en Tait het toe al die boere wat hulle ken gekry om saam te staan om by die Westonaria Landdroshof die verdagtes se borgaansoek teen te staan. Ongeveer 30 boere was by die hof om te wys hulle sal nie meer slagoffers van veediefstal wees nie.

Verskeie plakkate is ook gebruik om boere se ontevredenheid te kenne te gee.

Dit is al wat ons kan doen om teen veediewe op te staan,” het Tait gesê.

“Ons wil nie hê hulle moet borg kry nie. Ons hoor hulle het ander sake teen hulle so as hulle wel borg kry, glo ek hulle sal weer toegesluit word,” het Cillier gesê.

Jaco Tait jnr het saam met sy pa en minstens 30 ander boere hul stem dik gemaak.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Westonaria-boere is keelvol

Werkers en sekuriteitswagte kom tot boere se redding

Plotdiersiektes – wat boere moet weet

Boere en besoekers wil Randfontein boikot

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version