Voormalige Springbok-jukskeispeler nog vol woema

'Ek kan nie net by die huis sit en niks doen nie.'

Marie Snyman, ‘n voormalige Springbok-jukskeispeler het onlangs haar 90ste verjaarsdag gevier.

Haar verjaarsdagpartytjie is by die Sionspoort Hervormde Kerk gehou.

Geliefdes het rondom ‘n groot tafel met die heerlikste kos gesit. Die spil waarom alles gedraai het was egter Tannie Marie, ‘n klein vroutjie met helderblou oë. As Springbok-jukskeispeler het Tannie Marie destyds die wêreld vol getoer.

Ek was oral. Ek was al in Thailand, Australië, Duitsland, Amerika, oral,” het sy vertel.

Tannie Marie het verduidelik dat sy oorspronklik van Brakpan is en het Randfontein toe getrek toe sy getroud is. Sy woon al 59 jaar in die drop. Tannie Marie het een dogter en een kleindogter.

“Ag, dis maar net ons drie. Elkeen van ons het net een dogter gehad,” spot sy.

Tannie Marie is op en wakker en hou daarvan om aan die gang te wees. “Nee, ek kan nie by die huis sit en niksdoen nie. Ek hou daarvan om te beweeg, om uit te wees.”

Sy geniet dit ook om saam met haar kinders op ‘n motorfiets of kwadfiets te ry.

Ek is nou so ‘n bietjie oud. Ek ry nie self nie maar saam met iemand.”

Toe die Herald haar gevra het wat haar geheim is, was Tannie Marie se antwoord, “Ek weet nie wat om te sê nie. Ek het nie ‘n geheim nie. Dit is maar net in die familie.”

Tannie Marie Snyman in haar Springbok-baadjie – iets wat mens nie kan koop nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version