Polisie-hoof se skorsing verwelkom

'Die polisie het iemand met ʼn polisie-agtergrond nodig om die leiding te neem.'

AfriForum verwelkom die skorsing van genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, deur pres. Jacob Zuma.

Phiyega was die afgelope maande in groot omstredenheid gehul.

Ons vra reeds ʼn geruime tyd dat daar van Phiyega, wat duidelik onbevoeg vir haar posisie én ʼn politieke aanstelling is, ontslae geraak moet word.

“Haar optrede was by verskeie geleenthede ʼn skande en ʼn klap in die gesig van eerbare, toegewyde polisielede. Sy het by verskeie geleenthede getoon dat sy oor geen leierskap vir haar pos beskik nie,” sê Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

AfriForum betreur die feit dat Phiyega met volle salaris geskors is hangende ʼn ondersoek wat teen haar voortduur.

AfriForum is van mening dat Phiyega nooit die toets geslaag het nie.

Die polisie het iemand met ʼn polisie-agtergrond nodig om die leiding te neem. Dit is al wat ʼn einde sal bring aan die onderlinge wantroue en struwelinge in die SAPD,” meen Cameron.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version