Local newsNewsSchools

Jannas hou matriekafskeid in styl

Almal het 'n heerlike maaltyd gehad en die kos was uit die boonste rakke uit.

Hoërskool Jan Viljoen se matriekklas van 2015 het verlede week hul matriekafskeid in styl by Usambara in Muldersdrift gehou.

Die dogters het almal besonders gelyk en meeste het lang elegante rokke aangehad. Meeste dogters het ‘n helder kleur vir hulle rokke gekies waar die klassieke swart rokke nogsteeds in die kol was.

Los, lang hare wat in los krulle op die dogters se skouers gehang het, het die seuns se koppe laat draai terwyl hulle trots in moderne pakke langs hulle metgeselle gepronk het.

Met die ultra moderne dekor en die aangename somers atmosfeer was die onthaal ‘n besonderse area waar onderwysers en gaste rustig vir die matriekpaartjies gewag het wat oor die brug moes stap en aangekondig sou word. Omstreeks 6nm het die groot oomblik toe uiteindelik aangebreek.

Twee-vir-twee het hulle op die rooi tapyt oor die brug geloop waar hulle aangekondig was en daarna het hulle die saal binnegegaan.

Daar was natuurlik matrieks wat verkies het om alleen die funksie by te woon en die aand saam met hulle vriende te geniet.

Almal het ‘n heerlike maaltyd gehad en die kos was uit die boonste rakke uit.

Lebo Kgosiemang, wat ‘n oorspronklike Indiese rok gedra het, het laggend gesê, “Alles is perfek, dit is ‘n wonderlike aand maar daar is net een ding wat my pla..die hoë skoene!”

Vir nog foto’s:

Gallery 1

Gallery 2

Gallery 3

Gallery 4

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button