Local newsNewsBreaking News

Een inbraak te veel

Paartjie vertel hoe daar sedert Julie al drie keer by hul ingebreek is.

Nicole en Tinus Stoop wat einde Desember verlede jaar van die Noord-Wes provinsie Randfontein toe getrek het vertel van al die inbrake wat in die tydperk in Villagestraat plaasvind.

Nicole Stoop het aan die Herald verduidelik dat die inbrake in Julie die jaar begin plaasvind het en dat daar in die tydperk al drie keer by hulle ingebreek is. Die eerste keer het die kriminele by hulle ingebreek en al hulle tuingereedskap en stoele uit hul erf gesteel. Die naweek daarna het hulle by hulle Gazebo ingebreek en haar man se gereedskap gesteel.

Op Dinsdag 29 September het sy en Tinus vroegoggend geluide gehoor en toe hulle ondersoek gaan instel het hulle besef die inbrekers het probeer om hulle motor te steel. Stoop se motor word reg in die tuin baie naby aan hulle voordeur geparkeer maar dit het die inbrekers nie gestuit nie.

Drade was uit die motor gepluk, en weereens is gereedskap van ongeveer R8 000 gesteel. Stoop bly elke dag alleen by die huis, terwyl haar man werk.

Ek het al 20kg verloor. My senuwees is gedaan,” het sy gesê.

Sy verduidelik dat die inbrekers elke keer oor die muur spring en dat Villagestraat definitief ‘n teiken is vir kriminele. Die polisie was met elke inbraak daar, en op 11 Oktober het hulle daarin geslaag om ‘n positiewe vinger afdruk te kry.

Stoop sê ook die gemeenskap saam moet staan en saamwerk om hulle omgewing te beveilig.

Dit is asof almal net uitkyk vir hulle eie belange, en net seker maak dat hulle families veilig is. As ons almal ‘n oog uithou vir kriminele aktiwiteite kan hierdie inbrake in Village straat voorkom word,” sê sy.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Keelvol en moedeloos na 17 inbrake

Moontlike sindikaat merk huise vir beplande inbrake

SOS neem standpunt in teen misdaad

Domestic worker escapes ‘brutal’attack

Piggy bank robbers on the loose

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button