Local newsNewsBreaking News

13-jarige se stryd in die lewe duur voort

Die hartroerende verhaal van 'n gestremde dogter.

Emsie Nicholson, ‘n inwoner van Greenhills het die mees hartroerende verhaal met die Herald gedeel.

Volgens Nicholson was sy eendag oppad Carletonville toe waar sy ‘n ouerpaar en kind in ‘n rolstoel in die dodelike hitte sien stap het. Die gesin is bekend as die Hoffman’s.

Sy het omgedraai en verneem dat die gesin oppad Bloemfontein toe is – die gesin loop glo een keer ‘n maand soontoe vir hul geliefde kleinkind se roetineondersoek. Nicholson het hulle daarna opgelaai en soos sy dit noem ‘Asbakkie-geld’ vir hulle gegee, aangesien dit al is wat sy by haar gehad het.

Sy het hulle toe in Carletonville afgelaai en daarna vir die gesin begin bid.

‘n Rukkie daarna het hulle haar gebel en vertel dat iemand anders langs die pad gestop het en vir hulle R1 000 gegee het. Nicholson het geweet haar gebede word verhoor.

Met die geld het die Hoffman’s vir hulle treinkaartjies Bloemfontein toe gekoop.

Wat Nicholson nie geweet het nie is dat dit swaar gaan met die ouerpaar se kleinkind, Nikita, 13.

Nikita is gebore met seribalegestremheid. Nicholson was ook nie bewus dat Nikita onlangs in die nuus was oor ‘n rolstoel wat aan haar geskenk is nie. Helpende Hand, die Hervormde Kerk (Carletonville) en die Gemeenskaps Polisiëring Forum het almal bygedra tot die koste van die rystoel.

Nicholson het toe die Herald geskakel en na die Hoffmans se woning geneem.

Nikita se nuwe rystoel is vir haar te klein, en nou gebruik sy nogsteeds haar ou rystoel. Die Hoffmans sê die stoel wat Nikita nou het, is al baie jare oud.

Nikita Hoffman in haar gesin se leë voorhuis.
Nikita Hoffman in haar gesin se leë voorhuis.

Die familie bly glo in totale armoede en Nikita se enigste inkomste en hulp is die geld wat Hermiena Hoffman van die staat af kry. Nikita dra doeke wat elke maand uitwerk op ‘n groot bedrag. Die gesin besit twee koppies, ‘n ketel en twee potte. Hulle slaap op matrasse op die grond en kom met die minste klaar.

Daar is nie ‘n televisie nie en Nikita sit dag in en dag uit sonder enige stimulasie in haar rystoel. Sy het net een pop wat sy die hele tyd vashou.

Die beweegruimte in haar stoel is minimaal en haar bobene skuur kort-kort aan die onderkant van die houtplankie wat aan die rystoel vas is. Die gesin vra die inwoners van Randfontein of hulle asseblief kan help met meubels, kos of klere. Nikita dra ‘n grote 13 skoen en haar klere is 10 tot 11 jaar oud.

Enige moontlike donasie sal die gesin baie help, maar hulle wil nie kontant hê nie. Johannes Hoffman sê dat hulle graag ‘n plek nader aan die dorp sou wou hê, dit is moeilik om so vêr met Nikita in die hitte te stap.

As daar moontlik mense is wat weet watter stimulasie ‘n persoon met seribralegestremheid kan kry, sal hulp in die verband baie waardeer word.

Johannes kan gekontak word by 061 903 5213.

Nikita se stryd in die lewe duur voort.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button