Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Ram – ware bokondersteuners

Skool trek saam voor groot kragmeting teen Skotte.

Laerskool Randfontein (Ram) is ware Bok-ondersteuners.

In die gees van die huidige Rugbywêreldbeker het die bestuur van Ram besluit om die Bokke te ondersteun deur al die leerlinge en personeel aan te moedig om hul Springbokklere aan te trek. Alhoewel Heyneke se manne ons teen Japan teleurgestel het het hul gewys waartoe hulle in staat is teen Samoa ‘n week later.

Die bokke pak later vandag (Saterdag 3 Oktober) die Skotte in Newcastle.

Volgens Annie Nolan, woordvoerder van Ram, was die skoolterrein ‘n feestelike geleentheid met jong rugbyspelers wat droom om eendag vir die Springbokke te speel.

Renee Badenhorst het besluit om haar eie rugby-ondersteunershemp te maak deur koerantartikels op ‘n hemp te plak. Haar bokpet wat sy gedra het, het sy gekry toe Suid-Afrika vir die eerste keer die wêreldbeker gewen het,” sê Nolan.

Angela van den Berg met Me. Renee Badenhorst wat op die Bokke se eerste wedstryd verjaar het  en Prince Loeto.
Angela van den Berg met Me. Renee Badenhorst wat op die Bokke se eerste wedstryd verjaar het en Prince Loeto.

Related Articles

Back to top button