Teine sluit seisoen af

'Jou teenwoordigheid is belangrik' – Teine.

Dit is daardie tyd van die jaar wanneer Randfontein Rugbyklub hul seisoen afsluit.

Die Rugbyklub gaan op Vrydag 16 Oktober om 6nm hul algemene jaarvergadering hou. Direk daarna gaan hul jaareindfunksie en prysuitdeling plaasvind. Hulle nooi al die lede, spelers, afrigters en komiteelede hartlik uit om die aand saam met hulle te geniet.

Jou teenwoordigheid is belangrik,” het Dana van Vuuren, klubvoorsitter gesê.

Dana het gesê die voorstelle vir die nuwe komiteelede en afrigters vir die 2016-seisoen moet voor 12nm op Vrydag 16 Oktober aan hom gestuur word of by die klubkantoor ingedien word. Hy bedank graag al die borge wat Teine die afgelope jaar ondersteun het, in besonder Mapogo, SB Kontrakteurs, Tony’s Meat Market and Liqour Store.

Sonder jul hulp sal dit baie moeilik gegaan het by Teine. Dit word teen seerste waardeer,” het Dana gesê.

Teine nooi ook almal wat belangstel om ‘n afrigter of spanbestuurder vir 2016 te wees om hul CV’s voor 12nm op 15 Oktober by die klub af te gee. Die minimumkwalifikasie vir ‘n afrigter is IRB vlak 1.

Mapogo Teine het die afgelope seisoen goed gevaar maar het ongelukkig in die Plaateindstryd in die doodsnikke teen die span van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) verloor.

Volgens Dana was die wedstryd kliphard. “Teine was voor en dan Wits. In die laaste minute was ons 23-22 voor toe Wits ‘n fout van ons uitbuit en gaan druk het. Ons het toe die Plaateindstryd met 29-23 verloor.”

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version