Local newsNewsSchools

Groot sukses vir Riebeeckrand-produksie

Met goeie afrigters en leerlinge wat hul beste gegee het was die musiekblyspel ‘n reuse sukses.

Hoërskool Riebeeckrand se musiekblyspel Rooi Jakarandas en Pers Pandas wat onlangs aangebied is, was iets uit ‘n ander wêreld.

In Maart is daar dans-, drama- en sangoudisies gehou. Al die dansgroepe, soliste en toneelspelers het die week na die oudisies begin oefen.

Leona Esterhuyse, ‘n onderwyseres van die skool het die besondere toneelstuk geskryf. Dit was reeds haar sewende musiekblyspel.

Die dansgroepe is deur professionele choreograwe afgerig.

Ezel Esterhuyse, ‘n choreograaf aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus het die junior dansgroep afgerig. Haar Partyfest-groep het uiteindelik landswyd tweede geëindig.

Cisserine Smith het die senior dansgroep afgerig. Sy is ook aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus verbonde. Sy het die Shekinah-dansgroep vir drie jaar afgerig.

Louis de Nobrega, eienaar van Rhythm in Us Dance Studio het die Elite-dansgroep afgerig. Die soliste is deur Bettie Nel, ‘n onderwyseres en koorafrigter van Riebeeckrand afgerig.

Met goeie afrigters en leerlinge wat hul beste gegee het was die musiekblyspel ‘n reuse sukses.

Riebeeckrand bedank graag alle personeel, leerlinge, ouers en buite-afrigters wat ‘n bydrae gelewer het om die stuk op die planke te bring.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button