Local newsNews

‘Trapfietse ‘n gevaar op provinsiale paaie’

Klagtes van woedende padverbruikers stroom in – Vryheidsfront.

‘n Trapfiets wedren wat Sondag gehou is aan die buitewyke van Krugersdorp aan die Wes-rand het gesorg vir groot chaos op hierdie besige paaie meen Amanda de Lange, Vryheidsfront Plus raadslid vir Krugersdorp aan die Wes-Rand.

Behalwe dat ons op die N14 oppad terug Krugersdorp toe self daarin beland het, stroom die klagtes van woedende padverbruikers in,” sê sy.

Dit is onverstaanbaar waarom organiseerders van so groot fietswedren dit juis op hierdie besige smal paaie hou waar padverbruikers se lewens in gevaar gestel word deur honderde trapfietsryers wat plek-plek tot vier langs mekaar en in bondels ry.

Die hele Kromdraai area tot by Lanseria is jare terug vir miljoene rande opgegradeer met ‘n spesiale baan vir trapfietsryers met die oog op hul veiligheid. Organiseerders en owerhede wat willens-en-wetens wedrenne op hierdie gevaarlike smal paaie hou moet verantwoordelikheid neem vir mense se lewens wat in gevaar gestel word op die wyse.

Volgens de Lange stroom klagtes al vir ‘n geruime tyd in van Hekpoort-inwoners en padverbruikers wat naweke die R563 en R560 probeer vermy as gevolg van trapfietsryers wat die paaie hier ook oorneem en dit bykans onmoontlik maak om daardie paaie sonder gevaar en frustrasie te gebruik.

Hulle het self Sondag in die trapfietswedren beland toe hulle met die N14 teruggekom het van Potchefstroom af.

“Die smal pad van die Carletonville kruising af is oral aan die kante uitgebreek of gelas met nuwe teer wat diep gate gevorm het soos dit deur swaar verkeer en trokke uitgery is.

As daar dan nog fietsryers is wat in bondels lang mekaar ry kan motors en trokke nie by hulle verbykom nie. Om die fietsryers te vra om agter mekaar aan die kant te ry haal jou net ‘n klomp vingertaal en vieslike woorde op die hals,” sê sy.

Die spesifieke deel van die N14 pad van die Carletonville kruising af na Krugersdorp, sowel as die R560 Hekpoort na Skeerpoort, is na bewering ongeveer 45cm smaller aan beide kante as die standaard 123/1 reserwe wydte vir die tipe provinsiale paaie van Gautrans.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button