Local newsNews

R’fontein laat loop hul 4x4s op Braaidag

Gemeenskap gaan groot op Braaidag alles ten bate vir 'n kerk.

Meer as 50 deelnemers het op Nasionale Braaidag (24 September) uitgehaal en gewys tydens ‘n opwindende EPR 4×4 Familiedag en Musiekfees alles ten bate van die Nederduitse Hervormde Kerk Sionspoort by Droogeheuwel.

Volgens die sekuriteitsmaatskappy was die affêre ‘n eerste van sy soort en ‘n groot sukses met ‘n totaal van 55 deelnemers wat ingeskryf en deelgeneem het.

Die punt was om jou voertuig se vernuf op die uitdagende baan te toets. Die baan het bestaan uit 10 hindernisse en elke hindernis het voorsiening gemaak vir drie grade van ingewikkeldheid. Die grootste uitdaging vir die dag was natuurlik die moddergat wat vir baie aksie gesorg het.

Nicholas en Natasha Harris met hul dogter, Abigail en 4x4.
Nicholas en Natasha Harris met hul dogter, Abigail en 4×4.

Daar was baie pryse op die spel wat ingesluit het ‘n stel bande ter waarde van R15 000 (geborg deur Northgate Tyres en Cooper Bande SA) asook ‘n platskerm LED TV geborg deur FSK en ‘n heel lam geborg deur RDC.

Die dag is afgesluit met optredes deur Rea Le Roux en Juan Boucher asook baie ander plaaslike talent wat toeskouers deur die dag vermaak het.

Die kerk bedank graag EPR as hoofborg asook plaaslike borge soos Monument Toyota Randfontein en Ben Morgenrood Auto.

Dank word ook uitgespreek teenoor gemeentelede en die publiek wat gehelp het waar hul kon. Daar is klaar begin met volgende jaar se beplanning – so hou 24 September 2016 solank oop.

Spiedie du Plessis en Bennie Hallatt geniet 'n drankie.
Spiedie du Plessis en Bennie Hallatt geniet ‘n drankie.

Die wenners in elke kategorie was as volg:

Muis:

• Eerste – Johan Krogh

• Tweede – Wayne Swanepoel

• Derde – Jaco Broodryk

• Vierde – Basil Bosch

• Vyfde – Theuns Pieterse

Man:

• Eerste – Rikus Groenveld

• Tweede – Jean van Staden

• Derde – Nicholas Harris

• Vierde – Herbert Schenker

• Vyfde – Neville Lombaard

Extreme/ Uiterse:

• Eerste – Michael Hudson

• Tweede – Yssel Mulder

• Derde – Stefan Wintershoven

• Vierde – Tristen Wintershoven

• Vyfde – Hanko Swart

Besoek die gallery vir nog foto’s.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button