Local newsNewsSchools

Tien Rappies-jukskeispelers haal Wes-randspan

Skool trots op die jukskeispelers wat hulle naam so hoog hou.

‘n Groot aantal jukskeispelers van Laerskool Rapportryer, 10 om presies te wees is in die Wes-randspan opgeneem.

Dit nadat die groep tydens die Wes-rand proewe deelgeneem en uitgeblink het.

Die volgende Rappie-leerlinge is vir die Wes-randspan gekies:

• o.13A – span seuns: Reuben Mc Donald, Schalk Brits, Teodoir van Staden en Tiaan Wilken (kaptein)

• o.13A – span dogters: Rozelle Masser en Marianca Masser

• o.13B – seuns: Arno Christie, Janko Conradie en Vi-AndrĂ© Fourie (kaptein)

• o.13B – dogters: Angelica Garcia.

Die leerlinge het toe op 19 September die Wes-randspan tydens die Bontedag in Boksburg verteenwoordig. Daar het hulle teen ander Unies soos Limpopo, Mpumalanga, Noord-wes en Gauteng deelgeneem.

Op die dag het hulle sewe wedstryde gespeel en heel goed gevaar.

Die uitslae is soos volg:

• o.13B – dogters het 4de plek gekry

• o.13A – dogters het ‘n 3de plek ontvang

• o.13A en B – seuns beide ‘n 2de plek

Daarby was die Wes-randspan in die algeheel tweede. Rappies is baie trots op die jukskeispelers wat hulle naam so hoog hou.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button