Connie Mulder bied aan onvergeetlike Eisteddfod-skouspel

'Nou moet ons ‘n hele jaar lank wag voor dat ons weer die Eisteddfod kan aabied.'

Die Connie Mulder Sentrum het op Sondag 20 September hul 40ste bestaanjaar gevier deur ‘n onvergeetlike skouspel saam met die plaaslike Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) aan te bied.

Hierdie Eisteddfod word glo al vir meer as 10 jaar aangebied. Die Eisteddfod is die plek waar gestremdes op ‘n verhoog hulle talente ten toon kan stel.

Die deelnemende Sentrums was Die Oord PV3; Irene Homes; Sunfield Fortuna en die Wes-rand Vereniging vir gestremdes tesame met die Connie Mulder Sentrum.

Die ATKV onder leiding van Linda Barnardt het gesorg dat daar ‘n sertifikaat aan elke deelnemer toegeken word. Die opvoering van baie van hierdie items het die trane behoorlik laat vloei. Daar was ‘n staande applous toe Gert Viljoen, Dean Ramakers en Maryke du Plooy van Sunfield Fortuna as die supersterre van die byeenkoms aangewys is.

Die Wes-rand Vereniging vir gestremdes is toe as die beste deelnemende Sentrum aangewys terwyl Connie Mulder Sentrum die tweede plek en Die Oord die derde plek bekleë het.

Nou moet ons ‘n hele jaar lank wag voor dat ons weer die Eisteddfod kan aabied,” het Gordon Henney, hoofuitvoerende beampte van die Connie Mulder Sentrum gesê.

“Groot dank aan die ATKV vir hul massiewe bydra elke jaar, die personeel van die verskillende sentrums wie die deelnemers moes afrig endie deelnemers wie baie moed bymekaar moes skraap om op ‘n verhoog voor ‘n groot gehoor te kon optree,” het Henney gesê.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version