Kwagga word ‘n jong bok

Kwagga wat gebril het soos 'n leeu, is nou 'n springbok.

Cristen van Niekerk beter bekend as Kwagga in Randfontein is op Vrydag 11 September in die Suid-Afrikaanse o.16-oefengroep ingesluit.

Soos die Herald in Julie berig het, was Kwagga gekies vir die Noordvaal-streekspan wat van 4 Oktober tot 13 Oktober na Ierland sou toer.

Ongelukkig moes hy homself aan die Ierland toergroep onttrek want baie groot eer het hom te beurt geval naamlik die einste oproep op die 11de September.

Volgens Kwagga het hy daardaie dag ‘n oproep vanaf die Leeus se “High performance”-bestuurder, Bart Schoeman ontvang en wie hom ingelig dat hy die SA se o.16-oefengroep gehaal het. Die groep sal van 4 tot 9 Oktober by Paarl Gimmnasuim Hoërskool saamtrek.

In die tydperk gaan Dawie Theron, die jong bokkies (SA o.19-afrigter) met die seuns werk. Hulle gaan ook spesialisafrigting van verskeie oud-Bokke en Provinsiale afrigters ontvang.

Dieëtkundiges, sportsielkundiges en vele meer gaan een-vir-een met die spelers werk. Die seuns gaan ook gemonitor word volgende jaar en verskeie van die seuns wat al vir die SA o.16-groep gekies is het ook vir die SA se o.18 skolespan gespeel.

Na die afgelope Grant Khomo o.16 rugby week vir Provinsiale A spanne, in George, het SARU 50 seuns vanuit al die provinsiale A spanne gekies vir die SA o/16 groep. Kwagga en sy mede Monumentaar Dandre Prinsloo is egter die eerste en enigste twee seuns wat vir die SA o.16 groep vanuit die Provinsiale Akademie week of B span toernooi gekies is. As gevolg van sy verkiesing tot die SA o/16 groep moes hy ontrek het aan die Ierland toer. ‘n Mede Monumentaar, Larko Lindes is toe opgetrek na die Ierland groep en aangesien Kwagga se borge almal n verbintenis met Monnas het, is al sy borg geld oorgedra na Larko.

Kwagga en sy ouers wil graag vir Rand Bricks, Rapfund, Levelheads en vriende baie dankie sê, aangesien Kwagga se toer ten volle geborg was vir Ierland.

Exit mobile version