Die D2-landloopkampioenskappe was onlangs by Hoërskool Monument gehou waar Rappies se landlopers gewys het hulle is die beste in die Wes-Rand.
Die sewe atlete van Rappies wat die D2-span gehaal het was toe op Saterdag 19 September tydens die Gauteng Kampioenskappe in Pretoria in aksie.
Daar is gesê uit die hele Carletonville, Westonaria, Randfontein en Krugersdorp-area kies hulle slegs die eerste ses landlopers uit ongeveer 80 tot 90 leerlinge wat wegspring.
Rappies is baie trots op die volgende atlete:
• Liesl Pio (2de – silwermedalje)
• Sandra Wijtenburg (2de – silwermedalje)
• Dylan Pienaar (3de – bronsmedalje)
• Kayla Minnie (3de – bronsmedalje)
• Lee-Ona Pretorius – (4de)
• Ashley Minnie – (5de)
• Regardt Tiedt – (6de)
Die uitslae van die Gauteng Kampioenskappe is teen druktyd nog nie bekend nie.